Charlize Berg

Charlize Berg

Charlize Berg spog met verskeie landwye radiotreffers en ‘n rits prestasies agter haar naam. Sy is met die Rapport / Vonk-prys as blinkste nuwe musiekvonds bekroon en is gedurende 2010 en 2014 vir Ghoema, Huisgenoot Tempo en Sama toekennings benoem vir onder andere Beste Popalbum en Beste Vroulike Kunstenaar. Haar duet liedjie saam met Heinz Winckler, You and I, was ook in 2014 as liedjie van die jaar benoem. Haar debuutalbum, Charlize Berg, is in 2011 vrygestel en is in 2013 gevolg deur Deluxe Weergawe, ’n verwerking van haar debuutalbum wat agt nuwe treffers ingesluit het. Sy het in 2013 ook ’n Engelse album in Los Angeles opgeneem, waar sy dan ook aan die Musexpo-musiekfees deelgeneem het. Sy is ongetwyfeld een van die mees talentvolle sangeresse in ons land met ‘n unieke stem wat eiesoortig is en met niemand anders verwar kan word nie. Aanhangers het lank gewag, maar gaan beslis nie teleurgesteld wees nie. Haar spilnternuwe enkelsnit MY HART MYNE word op Vrydag 23 Oktober bekendgestel. Die liedjie sal ook op iTunes beskikbaar wees. Die enkelsnit kom vanaf haar spinternuwe album getiteld, NAAM VAN ALBUM , wat einde Februarie 2016 die rakke sal tref. Die musiekvideo vir hierdie enkelsnit sal ook gedurende November 2015 uitgereik word. “MY HART MYNE gaan daaroor om na ‘n slegte situasie weer nuut te kan begin. Die lewe is jou eie storieboek. Baie keer vergeet ons dat ons enige dag weer op ‘n nuwe, skoon bladsy kan begin. Maak nie saak hoe sleg dinge lyk nie, tel op jou pen en begin met ‘n splinternuwe hoofstuk!” sê Charlize. “Dit gaan ook daaroor om die lewe te geniet en altyd positief te probeer bly. Dit is so maklik om jouself te verloor in al die bedrywighede en geraas rondom jou. MY HART MYNE motiveer die luisteraar om net weer te fokus, ontspan en die oomblik te geniet!” Dié sangsensasie bring ’n vars perspektief en oorspronklike snitte na haar aanhangers, nes sy kan, en dit beloof om ’n Afrikaanse musiekjuweel te wees. Elke liedjie op haar nuwe album bied ‘n unieke blik op haar persoonlikheid en insigte. Sy het as kunstenaar ontwikkel en gegroei en was op hierdie nuwe album meer intensief betrokke by die skryf van die liedjies saam met ‘n ongelooflike en talentvolle span. “Ek het ’n aandeel in die skep van meeste van die liedjies gehad en moet sê dat daar iets baie spesiaal aan die skryfproses is; dit is persoonlik en opreg. Ek was natuurlik bevoorreg om saam met talentvolle skrywers soos Bouwer Bosch, Johan C Venter, Joe Foster, André Scheepers, Roux Cloete en Emil Struwig te werk.” sê sy. Charlize beskryf die saamskryfproses as spontaan, waar inspirasie ongehinderd vloei. Tog, sê sy, put haar nuwe album grotendeels inspirasie uit die liefde – van opstaan nadat jou hart gebreek is, tot die punt waar die liefde jou toelaat om onvoorwaardelik jouself by ’n ander te wees. Omdat die liefdestema universeel is, glo sy dat haar nuwe album ’n boodskap vir elkeen wat daarna luister sal inhou. NAAM VAN ALBUM het ‘n vars en unieke klank met die perfekte kombinasie van dansliedjies, saamsingliedjies en ballades .en word aan die einde van Februarie 2016 deur Universal Musiek uitgereik.